On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Luiperd gewaar in Keimoes-omgewing, span uitgestuur

───   ELSABÉ RICHARD 14:46 Wed, 21 Jun 2023

Landbounuus: Luiperd gewaar in Keimoes-omgewing, span uitgestuur | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou het 'n span uitgestuur ná berigte van 'n luiperd wat gewaar is Keimoes-omgewing.

'n Besorgde inwoner, Sera Gewers, waarsku mense om hul kinders veiliheidshawe in die huis te hou. Veral Uitbreidings 3, 6 en 7 moet op hul hoede wees, nadat buurtwaglede die luiperd agter 'n wynkelder gewaar het.

Die Onteieningswetsontwerp dien voor die Nasionale Raad van Provinsies wat die publiek kans gee om kommentaar te lewer. AfriForum het vandeesweek sy kommentaar ingedien by die Vrystaatse provinsiale wetgewer. AfriForum se Ernst van Zyl sê hulle is hewig gekant daarteen.

Agri Wes-Kaap president, Jannie Strydom, sê die Boland en Matzikama word die ergste geraak deur die onlangse oorstromings in dele van dié provinsie. Strydom sê hulle kan nog nie die omvang van die skade bepaal nie.

Terwyl die somerreënvalstreek die brandseisoen betree, word boere gemaan om 'n wakende oog te hou oor Eskom-lyne en transformators. Mpumalanga graan-en-veeboer Janneman Robberts, sê daar was die afgelope twee jaar twee voorvalle waarin foutiewe lyne vonke geskep het – wat sy veld aan die brand gesteek het.

Intussen waarsku die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging Sentraal-Suid-Afrikaners toestande is gunstig vir wegholveldbrande. Inwoners word aangeraai om nie vure te maak en dit onbewaak te laat nie.

EN

Kommersialisering van kleinskaalse boerderye word beskou as die oplossing vir 'n magdom maatskaplik-ekonomiese, ekologiese en politieke uitdagings. Dit is volgens Universiteit van die Vrystaat Ph.D.-student Neo Mathinya in haar navorsing oor produktiwiteit en beperkings van kleinskaalse saaiboere. Mathinya sê vooruitsigte vir sulke boerderye word beperk deur mededingende grootskaalse boerderye, wat die meeste landboumarkte oorheers.

OFM-nuus




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.