On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

‘Tekort aan teengif vir slangbyte word aangespreek’

───   ELSABÉ RICHARD 07:53 Tue, 04 Apr 2023

‘Tekort aan teengif vir slangbyte word aangespreek’ | News Article
FOTO: Nivedh P (https://www.pexels.com/photo/a-wildlife-photography-of-an-indian-cobra-10440465/)

Die huidige tekort aan teengif om slangbyte te behandel word aangespreek nadat dit reeds sowat agt maande voortduur.

Die uitvoerende hoof van die African Snakebite Institute, Johan Marais, is bekommered dat mense en diere se lewens bedreig word weens dié tekorte.

'n Verklaring wat deur die staat se South African Vaccine Producers (SAVP) vrygestel is, toon dat hulle die afgelope tyd verskeie produksieprobleme ondervind weens beurtkrag en ‘n tekort aan sekere middels wat ingevoer moet word, verduidelik Marais.

LEES OOK: Pa van manslag aangekla nadat seun weens slangbyt sterf

“Die groot probleem is die polivalente-teengif. Dit is die algemene een wat jy gebruik vir die meeste slangbyte – mamba, kobra, poffaderbyte – so dit is die groot problem.

“Vir hospitale is daar vir noodgevalle nog klein hoeveelhede op aanvraag beskikbaar, maar veeartse kry in hierdie stadium so te sê geen teengif nie.”

Marais sê Suid-Afrika het voorheen tekorte gehad, maar nie vir só ‘n lang tydperk nie.

Alternatiewe teengif

“Daar is geen alternatief vir teengif nie. Daar is sprake van teengiwwe uit ander lande soos Indië, maar die probleem is dat die middels is nie klinies getoets is nie en ons het geen idee hoe effektief dit gaan wees nie.”

Hoe teengif vervaardig word

Marais sê die proses is ingewikkeld en duur vir maande. Hy verduidelik dat perde gehiperimmuniseer word met slanggif. Dit neem dan nege maande om die perd immuun te kry.

“Dan word daar bloed getrek van die perd, die serum word verwyder en daardie serum word dan verwerk. En dit is die teengif …

“Jy kan net elke twee maande bloed trek van ’n perd. Jy kan so nege of tien liter trek op ’n slag …”

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.