On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboudepartement stuur werkers huis toe weens staking

───   ELSABÉ RICHARD 18:52 Mon, 13 Mar 2023

Landbounuus-podcast: Landboudepartement stuur werkers huis toe weens staking | News Article
FOTO: NC Agriculture, Environmental Affairs, Rural Development and Land Reform/Facebook.

Die meeste werkers van die Noord-Kaapse Departement van Landbou het Maandagoggend opgedaag vir werk, maar is weer huis toe gestuur weens vrese vir hul veiligheid.

Die landboudepartent se Zandisile Luphahla sê kommer heers dat die Nehawu-staking vandeesweek kan verskerp. Die staking het verlede Maandag landwyd begin. Hy sê die departement vra die publiek verskoning vir enige ongerief.

Elke eienaar op wie se grond 'n veldbrand kan ontstaan en versprei, moet 'n brandstrook op sy of haar grond voorberei en in stand hou. Vrystaat  Sambreelbrandbeskermingsvereniging se Johan Breytenbach waarsku dit kan moontlik vanjaar 'n besige brandseisoen wees. 

Produsente in Noordwes maak suksesvol gebruik van dekgewasse in hul boerderye. Graan SA se Pietman Botha in Noord-Wes Vrystaat is daar ook produsente wat dit  plant, maar met 'n ander doel. Botha sê egter wanneer dekgewasse geplant word, moet dit binne 'n stelsel geskied.

Beurtkrag, hoër insetkoste en stygende rentekoerse het die landbousakevertroue-indeks in die eerste kwartaal met 5 punte laat daal. Die vertroue-indeks staan  nou op 44. Dit is die laagste sedert die tweede kwartaal van 2020 toe die eerste sarsie Covid-19-inperkings ingestel is.

EN

Die Vrystaatse Departement van Landbou het die Jeug in Landbou- en landelike ontwikkelingsprogram op Theunissen van stapel gestuur. Die departement sê die program wil die jeug aanspoor om by te dra tot die landbousektor.

OFM-nuus
















@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.