On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Veediefstal steeds 'n probleem in Suid-Afrika

───   BAMBATHA GIKO 08:22 Wed, 14 Dec 2022

Veediefstal steeds 'n probleem in Suid-Afrika | News Article
FOTO: Veediefstal/SAPS.

Veediefstalgetalle was relatief stabiel vir die 2021/22-boekjaar, met 'n afname van 5,75% in diefstalsake.

Ten spyte hiervan het die waarde van vee wat gesteel is, met 11% toegeneem, wat boere meer as een miljard rand vir die jaar gekos het.

“Dit gaan maar bloot daaroor dat getalle afneem maar die waarde van vee neem toe, en dan is dit partykeer andersom - waar meer vee gesteel word en die waardes afneem,” sê die voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, Willie Clack.

Wagyu Suid-Afrika merk op dat 80% van veediefstalsake nie aangemeld word nie en die aantal aangemelde gevalle kan 'n aanduiding wees van 'n groot aantal vee wat deur 'n  georganiseerde misdaadoperasie gesteel word. Daarom is daar ‘n geringe afname in aangemelde veediefstalsake terwyl gesteelde veegetalle steeds toeneem.

Clack sê daar is nie veel wat die regering kan doen om  veediefstal te bekamp nie, aangesien hulle reeds baie gedoen het. Hy beklemtoon dat Suid-Afrika dalk die enigste land is waar die regering 'n toegewyde vereniging het wat veediefstal aanpak en daadwerklike ondersoeke oor dié misdaad doen.

Tans is die enigste probleem wat boere teister die voldoende hulpbronne om die kwessie van veediefstal aan te pak. Clack verduidelik daar is nie genoeg mannekrag of voertuie beskikbaar om boere by te staan om hierdie misdaad hok te slaan nie. 

Clack merk egter op dat dit belangrik is dat boere hul eie vee beskerm aangesien dit nie altyd moontlik is om 'n polisieman op elke plaas te hê om veediefstal te bekamp nie.

“Ek dink die heel belangrikste bly maar altyd die ongemaklike- dat jy jou eie vee moet oppas.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.