On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 14 Dec 2022

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: www.grainsa.co.za (SA Graan/Sasol Nitro photo competition)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

  Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het koring hoër gevolg te midde van 'n aanval die naweek op 'n Oekraïnse hawe wat handelaars gedruk het om betrokke te raak by 'n rondte tegniese aankope. Pryse het sowat 1% hoër verhandel.
  • Mielie-uitvoerinspeksies vir die week geëindig 8 Desember was aan die lae kant van handelsramings. Mexiko, China, Honduras, Japan en Costa Rica was die top vyf bestemmings. 
  • China se mielieproduksie styg met 1,7% op die jaar ondanks 'n effense afname in aanplantings. Oor die algemeen gunstige weer in die Noordelike produksiegebied het vergoed vir die verlies aan hektaar.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemarkpryse het positief verhandel vir die tweede agtereenvolgende dag hierdie week. Pryse het tussen 1,2% en 3% gestyg met die nadere maande wat beter presteer het as die verdere maande.
  • Die witmieliekontrak het vir Desember R195/ton sterker verhandel vir die dag om teen R5 150/ton te sluit. 
  • Witmielies vir lewering in Julie '23 het R78/ton sterker verhandel teen R4 480/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Desember 2022 het verhandel teen R4 970/ton, R145/ton sterker. 
  • Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 teen R4 469/ton verhandel, R63/ton sterker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse het dubbelsyferverliese gely nadat belowende produksieweer in Suid-Amerika 'n rondte tegniese verkope Maandag aangespoor het. 
  • Sojaboon-uitvoerinspeksies was aan die hoër kant van handelsraaiskote met China, Suid-Korea, Bangladesj, Japan en Pakistan as die vyf top-bestemmings. Kumulatiewe totale is steeds agter verlede jaar se pas.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook goed presteer met pryse wat tussen 1,2% en 2% toegeneem het. Die nader maande het beter presteer as die verder maande.
  • Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R220/ton sterker verhandel teen R10 820/ton. 
  • Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R201/ton sterker verhandel teen R10 595/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R9 175/ton, R114/ton hoër, verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse was die grootste wenner van Rusland se aanval op 'n Oekraïnse hawe. Winste was tussen 1,7% en 3,4%. Berigte uit die Oekraïne se hawe van Odesa het bedrywighede die naweek opgeskort ná 'n bomaanval. Bedrywighede is Maandagmiddag hervat. 
  • Die aanval het die kwesbaarheid van die Oekraïne se vermoë om graan uit te voer beklemtoon. Koringinspeksies was betreklik teleurstellend en aan die laer kant van handelraaiings. 
  • Japan, Mexiko, Suid-Korea, Nigerië en Trinidad was die top vyf invoerders. Die Russiese konsultasiemaatskappy Sovecon raam dat die land se uitvoer maand-tot-maand met 7% sal daal indien dit realiseer.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook goed presteer, maar het minder volatiliteit getoon as die ander twee grane. 
  • Pryse het slegs tussen 0,8% en 1,3% toegeneem ondanks ‘n sterk Amerikaanse mark.
  • Die koring Desember ’22-kontrak het teen R6 770/ton verhandel, R68/ton hoër. Die koring Maart ’23-kontrak het teen R6 838/ton verhandel, R54/ton hoër.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.