On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Veiligheidsmaatreëls belangrik om silo-ongelukke te verhoed

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 19 Jul 2022

Veiligheidsmaatreëls belangrik om silo-ongelukke te verhoed | News Article

Silo-ongelukke gebeur selde in Suid-Afrika, en indien dit plaasvind, is dit moontlik ‘n fratsongeluk.

Dit is volgens Dries van der Linde, die Operasionele Bestuurder van Graan by OVK, in reaksie op die onlangse voorval waar ‘n vrou en kind in ‘n mielie-silo op ‘n plaas in Mpumalanga geval het. 

Hy deel verder dat dit belangrik is om veiligheidsmaatreëls in plek te hê om silo-veiligheid te verseker. 

Sien onderstaande PODCAST

Van der Linde verduidelik dat in die geval waar daar ‘n ongeluk plaasgevind het en die graan is nie beskadig of besmet nie, word dit steeds gebruik.

ALSO READ: Standerton teen, aunt killed after falling into maize silo

Hy sê Suid-Afrika het wetgewing in plek om veiligheid by silo’s te handhaaf. Van die veiligheidsreëls sluit in dat die silo stewig moet wees en dat die inspeksie-opening bo buise, ‘n deksel moet hê vir veiligheid, sodat niemand daar kan inval nie. Indien iemand wel in die silo sou val, moet hulp onmiddellik ontbied word.

Van der Linde raai aan dat wanneer daar op silo’s geklim word om inspeksies bo by die buis se opening te doen, daar ten minste twee persone moet wees. “Die rede vir twee persone is, as daar iets gebeur, is daar een om alarm te maak en hulp te ontbied.”

Daarmee saam sê hy daar moet toegesien word dat die deksel ten alle tye toe is en dat die nodige veiligheidsreëlings in plek is.

“As iets in die buis val terwyl graan uitgelaai of ontvang word, moet alles gestop word. Ontbied dadelik hulp,” benadruk Van der Linde.

Hy sê daar hoef nêrens aansoek gedoen te word indien ‘n produsent ‘n silo op sy plaas wil oprig nie. Produsente moet in kontak kom met ‘n persoon of maatskappy wat geregistreerd is om silo’s op te sit.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.