On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: DA vra vir swaar straf vir Kestell-moordverdagtes

───   ELSABÉ RICHARD 13:45 Mon, 18 Jul 2022

Landbounuus-podcast: DA vra vir swaar straf vir Kestell-moordverdagtes | News Article

Die DA in die Vrystaat hoop dat die hof 'n swaar straf sal oplê vir die twee verdagtes wat tereg staan vir die moord van sewe mense op 'n plaas buite Kestell.

Die party se raadslid in die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit, Bea Campbell-Cloete, wat die hofverrigtinge bywoon, het aan OFM-nuus gesê die party én gemeenskap dring aan dat geen borg aan die verdagtes toegestaan moet word nie. Hierdie versoek volg nadat sewe mense, wat ses vroue en 'n 17-jarige seun insluit, dood in 'n huis op 'n plaas buite Kestell deur die plaaseienaar gevind is.


Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, het jongboere in die provinsie besoek as deel van beoordeling vir vanjaar se Jongboer van die Jaar-kompetisie. Jansen sê jongboere speel ‘n groot rol in die produksie van voedsel en glo dat hulle, ten spyte van uitdagings, ‘n positiewe bydrae tot die landbousektor sal lewer. Agri Noord-Kaap wys sy provinsiale wenner tydens sy kongres op 24 en 25 Augustus aan. Daarna vind die nasionale beoordeling plaas en die wenner van die Toyota en Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie word dan gedurende ‘n geleentheid in November in Johannesburg aangewys.

EN


Wêreldwye landbou staar talle uitdagings in die gesig. Die mees onlangse uitdaging, wat volgens Wandile Sihlobo, die hoofekonoom by Agbiz, noukeurige monitering vereis, is die hittegolf in verskeie lande in die noordelike halfrond. Hy sê die afgelope weke en maande het die VSA, dele van Europa en China almal hittegolwe aangemeld. Daar is toenemende kommer dat die hitte somergrane, wat nog in die vroeë groeistadiums in hierdie streke is, negatief kan beïnvloed. Die veebedryf is ewe angstig dat die uitermatige hitte tot toenemende dierevrektes kan lei. In Junie het meer as 2 000 beeste in die suidweste van die Amerikaanse deelstaat Kansas weens hitte-stres gevrek. Lande soos Italië en Spanje voel tans die impak van droogte en hittegolwe op gewasse en vee terwyl boere sukkel om hul sakebedrywighede vol te hou.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.