Agriculture
Landbounuus-podcast: Bruinsprinkaanplaag veroorsaak amok in Noord-Kaap─── ELSABÉ RICHARD 13:47 Fri, 18 Feb 2022
Die bruinsprinkaanplaag is besig om amok in die Noord-Kaap te veroorsaak.
So sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, nadat swerms sprinkane in verskeie dorpe in die provinsie aangemeld is. Hy sê sprinkaanswerms kom tans in onder meer Upington, Kakamas, Keimoes, Pofadder, Askham, Victoria-Wes, Britstown en De Aar voor. Kansen vra dat sprinkaanswerms by die Departement van Landbou of betrokke landbou-organisasie aangemeld moet word.
R11 miljoen is opsy gesit vir die 2022/23 finansiële jaar om 120 werklose gegradueerdes in Noordwes op te lei. Hierdie opgeleide gegradueerdes sal dan na verskeie plase en landbou-ondernemings regoor die provinsie uitgeplaas word. Premier Bushy Maape het dit tydens sy provinsiale rede bekend gemaak. Hy het verder bygevoeg - om die groei van die provinsiale ekonomie te verseker - het die provinsiale regering met belanghebbendes in die mynboubedryf, sowel as die landbou- en toerismebedryf, in gesprek getree.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R44,23 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R42,05, en speenkalwers oor 250kg, teen R39,00 per kg verkoop het.
OFM-nuus