On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Stroop van mielies kry vroeg momentum

───   12:05 Mon, 15 Jul 2013

Stroop van mielies kry vroeg momentum | News Article
Die stroop van mielies het in die huidige seisoen baie vroeg momentum gekry en lewering is tans hoër as die langtermyngemiddeld. Droogtetoestande het 'n groot rol daarin gespeel dat produsente vroeg begin stroop het, sê Graan SA.

Tesame met die vroeë lewerings is daar tot dusver 3 571 miljoen ton (60,6%) van die geskatte 5 889 miljoen ton witmielie-oes gelewer. Die witmielieleweringstempo hierdie seisoen is heelwat vroeër, in vergelyking met die vorige drie bemarkingsjare se lewerings. Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het die witmielie-oes met 136 650 ton of 2,27% vanaf die vierde tot die vyfde skatting verlaag.

In die huidige bemarkingsjaar is daar  ,270 miljoen ton (77,8%) van die geskatte 5,486 miljoen ton se geelmielie-oes gelewer. In die vorige drie bemarkingsjare is daar in dieselfde tydperk onderskeidelik 65,7%, 46,8% en 60,5% van die geelmielie-oes alreeds gelewer. In die geval van geelmielies  is die produksieskatting 5 486 miljoen ton, wat 72 175 ton of 1,33% meer is as die 5 414 miljoen ton van die vorige skatting.

Die totale mielielewerings staan op 7 841 miljoen ton vir die eerste tien weke van die 2013/2014-bemarkingsjaar. Tesame met vroeë lewerings is 68,9% van die geskatte 11,375 miljoen ton mielie-oes tot dusver gelewer en is die huidige jaar se totale lewerings ver voor in vergelyking met die vorige jare.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.