On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

National

Parlement mag geheime-stemming hê oor Zuma

───   13:07 Thu, 22 Jun 2017

Parlement mag geheime-stemming hê oor Zuma | News Article

Pretoria - Die Grondwethof het eenparig beslis dat die Nasionale Vergadering deur die Speaker die magte het om 'n gewone of geheime-stemming in die Parlement toe te laat.


Die UDM het die aansoek gebring in reaksie op president Jacob Zuma se omstrede kabinetskommeling in Maart wat tot verskeie kredietafgraderings gelei het. Die Speaker, Baleka Mbete, het aangevoer dat sy nie by magte is om so 'n besluit te neem nie. 

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het egter vanoggend in sy uitspraak gesê die Speaker het die mag om 'n geheime-stemming voor te skryf. Hy het skerp klem gelê op die uitvoerende gesag se aanspreeklikheid teenoor sy burgers en dat die president se ampseed ernstige verpligtinge insluit. Hy sê die Nasionale Vergadering het die verantwoordelikheid om parlementslede verantwoordbaar te hou. Hy sê 'n mosie van wantroue moet prioriteit geniet en binne 'n bepaalde tyd uitgevoer word.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.