Mid-Morning Magic
#OutismeWeek – Hoekom is outisme in die kollig?─── 10:26 Mon, 04 Apr 2022
Dit is Wêreld Outisme Week en Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Christien Neser, spraakterapeut en skrywer van die boek, “Help! My kind is anders!”.
Dit is Wêreld Outisme Week en Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Christien Neser, spraakterapeut en skrywer van die boek, Help! My kind is anders!.
In die boek beantwoord ’n span kundiges dié en ander vrae waarmee ouers vandag worstel.
Yolanda en Christien gesels oor superbesige ouers, "screen time", gesinne onder druk asook allergieë.
In deel een gesels hulle oor hoekom outisme meer algemeen is en wat verander het. Hulle gesels ook oor superbesige ouers.
Spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hulle ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou hulle het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs? Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime in hierdie boek.
Lees ook: 11-jarige se bewusmakingsveldtog
Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak!
In deel twee gesels hulle oor sogenaamde "screen time" asook gesinne onder druk.
Skakel 09:30 in elke oggend op Mid-Morning Magic, 4 - 8 April 2022, vir OFM Family Focus se Outisme-week wanneer kenners waardevolle inligting deel.
Vir meer inligting oor outisme, besoek gerus Autism SA.
DISCLAIMER: This content is not intended to be a substitute for professional medical advice, diagnosis or treatment. Always seek the advice of your physician or other qualified health provider with any questions you may have regarding a medical condition.