On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMFamilyFocus #OutismeWeek – 11-jarige se bewusmakingsveldtog

───   09:30 Fri, 01 Apr 2022

#OFMFamilyFocus #OutismeWeek – 11-jarige se bewusmakingsveldtog | News Article
Yolanda Maartens en Mine Truter

Miné Truter (11 ) van Bloemfontein is ‘n finalis vir "Toddler & Tween of the World SA" 2022. Drie van haar nefies is outisties en daarom fokus hulle as gesin elke jaar om betrokke te raak by outisme bewusmaking.

Saterdag, 2 April is “World Autism Awareness Day”,  verder bekend as “Light it up Blue for Autism”.

Sy het met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels oor haar bewusmakingsveldtog, kyk gerus hier na hulle gesprek.

Op 2 April 2022 gaan Miné mense bewus maak van outisme.  Sy is reeds besig om boekmerkies sowel as pamflette te maak wat inligting omtrent outisme bevat. Dit word uitgedeel by Dan Pienaarrylaan 59 in Bloemfontein.  Sy gaan verder fondsinsamelings doen deur lootjies te verkoop.  

Hierdie fondse gaan aangewend word vir benodigdhede vir die outistiese klas by Lettie Fouche Skool.  

Lees Ook: Bloemin’ Good Week - Lettie Fouché School

Daar sal ook ‘n "Tree of Hope" opgerig word met kartonne in die vorm van legkaartstukke geknip waarop daar ‘n spesiale boodskappie van hoop geskryf kan word en dan aan die boom gehang kan word.  Hierdie sal dan ook in die outistiese klas by Lettie Fouche Skool geplaas word om die leerders te inspireer en te herinner hulle word raakgesien. 

Vir die res van April, gaan sy elke dag inligting deel oor outisme. 

Miné, is ons baie trots op jou, baie sterkte vir jou kompetisie later hierdie jaar.

Skakel 09:30 in elke oggend op Mid-Morning Magic, 4 - 8 April 2022, vir OFM Family Focus se Outisme-week wanneer kenners waardevolle inligting deel.

Vir meer inligting oor outisme, besoek gerus Autism SA


DISCLAIMER: This content is not intended to be a substitute for professional medical advice, diagnosis or treatment. Always seek the advice of your physician or other qualified health provider with any questions you may have regarding a medical condition. 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.