Mid-Morning Magic
Nianell deel boodskap van hoop aan SA vroue─── 09:39 Mon, 09 Aug 2021
Nianell en Riana Nel het vir Vrouedag kragte saamgespan om die snit, 'Ek is vrou' bekend te stel. Op Mid-Morning Magic deel Nianell haar boodskap van hoop aan vroue regoor sentraal Suid-Afrika.
Hierdie pragtige snit van Nianell en Riana Nel vanaf die album 'Sand and Water', is perfek vir Vrouedag wat jaarliks op 9 Augustus gevier word.
“Ek is vrou, wat my alles gee..” hierdie woorde beskryf so mooi hoe vrouens is. Altyd gereed om te gee!
Om hierdie spesiale dag te vier het Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens by Nianell gaan aanklop en sy het haar boodskap van hoop aan vroue regoor Suid-Afrika gedeel. Luister na die boodkap hieronder:
'Ek is vrou' is ook beskikbaar op digitale platforms. Klik hier om dit af te laai.