Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop: Jan Blohm en sy passie vir visuele kuns─── 09:30 Thu, 20 May 2021
Jan Blohm is ‘n man van vele talente. Hy vertel meer oor sy passie vir visuele kuns in die OFM Kunsteklop – luister na die potgooi hieronder.
In 2016 het plaaslike musikant, Jan Blohm besluit om meer tyd aan sy visuele kuns te spandeer – hierdie kom na jare van fokus op sy musiekloopbaan en skryfwerk.
Jan het sy reis met houtskool op papier begin en nadat hy in Strand Studio ingetrek het, het hy in sagte pastelkleure begin werk. Nou het die musikant sy eie kunsgallery in die Strand.
Op die hoek van Van Ryneveldstraat en Michaustraat staan ’n ou geboutjie, wat perfek omskep is in die Jan Blohm Studio - Fine Art Gallery. Die gallery bied aan die publiek en aanhangers van sy skryfwerk die geleentheid om sy nuutste skeppings te sien en te bekom.
Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Jan in die OFM Kunsteklop oor sy gallery en sy kuns. Luister na die potgooi hieronder.
#OFMKunsteklop: Jan Blohm en sy passie vir visuele kuns: