Local News
Solidariteit teen Eskom-prysverhoging─── 17:36 Mon, 08 Jun 2009
Solidariteit het vandag tydens 'n openbare verhoor in Pretoria die Nasionale Energie Reguleerder versoek om Eskom se personeel- en steenkooluitgawes, te ondersoek. Openbare verhore word vandag en môre in die stad gehou om Eskom se versoek vir 'n 34% verhoging te bespreek. Woordvoerder, Dirk Hermann, sê hulle wil bepaal of dié twee uitgawes soveel gestyg het dat die tariefverhoging nodig is. Hy sê volgens hulle het die prys van steenkool sedert verlede jaar met sowat 60% gedaal.