On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Nuwe hoop vir #NW se Vuk'uphile slagoffers

───   LUCKY NKUYANE 08:58 Tue, 16 Oct 2018

Nuwe hoop vir #NW se Vuk'uphile slagoffers | News Article

Die omstrede Vuk'uphile program deur die Noordwes Openbare Werke Departement - wat tans onder administrasie is - en gelei het tot die ondergaan van talle maatskappye, word weer aangespreek.


'n Ooreenkoms is Maandag bereik, na 'n vergadering met ontevrede kontrakteurs wat die departement daarvan beskuldig dat hulle ingedoen is, nadat die departement 'n paar jaar gelede van die program ontslae geraak het. Dit behels glo dat die program weer geopen kan word, of minstens dat die kontrakteurs hul geld kan terugkry. Dit kom na ingryping deur die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane.

Die opkomende kontrakteurs was miljoene geskuld en hul kontrakte is skielik gestop, wat daartoe gelei het dat sommige groot verliese gely het. Een van die kontrakteurs, wat anoniem wou bly, het aan OFM-nuus gesê dat 'n prokureursfirma aangestel is om die bedrae verskuldig aan die maatskappye te bereken.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.