On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

#Pik&Graaf nou by Vrystaat Kunstefees te sien

───   MARK STEENBOK 11:50 Wed, 04 Jul 2018

#Pik&Graaf nou by Vrystaat Kunstefees te sien | News Article

Die plaaslik-vervaardigde film, Pik en Graaf, wat in Heidedal in Bloemfontein afspeel, sal hierdie maand ten spyte van verskeie uitdagings sy verskyning by die Vrystaat Kunstefees maak.


Die direkteur en skrywer van die fliek, Vincent “Chicco” de Koker, het aan OFM-nuus vertel dat die storie handel oor twee karakters, “Pik” en “Graaf”, wat ‘n lewe in die strate van Heidedal probeer maak. Hy sê die film is sonder ‘n begroting met die hulp van die gemeenskap geskiet.

“Die pik en die graaf is twee tools wat saamwerk om resultate te kry, die twee vriende volg egter nie altyd die regte pad nie en word beïnvloed, wat hulle dan op die verkeerde pad lei. Die fliek handel oor dwelmmisbruik, misdaad maar ook oor humble beginnings. As jy iets reg doen, dan werk dit op die einde van die dag altyd vir die beste uit.”

Volgens De Koker is die idee gebore om onder meer die gebrek aan teater-, televisie-, toneel- en drama-ontwikkeling in Heidedal aan te spreek. Hy sê produksie vir die fliek het reeds vier jaar gelede begin.

“Ons skop ons toer af op die 13de en 14de Julie by die Vrystaat Kunstefees. Ons gaan nie net die fliek ten toon stel nie, maar ons gaan ook werkswinkels aanbied om aan mense te wys wat dit behels om so ‘n projek te aan te pak.”

De Koker sê verder dat die pad om die fliek te voltooi nie altyd maklik was nie.

“Die gemeenskap moes maar ‘n pik en graaf optel en saam werk om uiteindelik die projek te voltooi. Dit was soms moeilik, maar ek wou ander mense bemagtig. Ons was vir vier jaar besig en ons moes ons eie pad vind. Ons moes worsbroodjies verkoop en met ander rolspelers saamwerk om kameratoerusting in die hande te kry.”

De Koker raai plaaslike kunstenaars aan om hulle eie geleenthede te skep asook om vas te byt. “Ons is geneig om te droom en dit langs die pad te los as gevolg van ons omstandighede. Net jy kan iets vir jouself doen, en ons kan nie wag dat geleenthede uit die lug val nie, ons moet dit self skep,” sê De Koker.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.