On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Herakkreditasie van NWU se LLB-program afgehandel

───   DANE BEISHEIM 09:17 Thu, 16 Nov 2017

Herakkreditasie van NWU se LLB-program afgehandel | News Article

Die RHO het die NWU in kennis gestel dat die akkrediteringsuitkoms van die hersiening van die LLB-program gewysig is vanaf “Kennisgewing van onttrekking van Akkreditasie” na “Herakkreditasie onderhewig aan nakoming van gespesifiseerde voorwaardes".


Die Raad op Hoër Onderwys (RHO)  se terugvoer was in reaksie op die voorlegging van ’n verbeteringsplan en strategie op 6 Oktober hierdie jaar. Die Hoër Onderwys Gehaltekomitee het in Maart vanjaar die bevindings van die Nasionale Oorsigkomitee (NRK) oor die NWU se LLB-program goedgekeur. Daar was aansienlike bewyse van ongelykheid tussen die Potchefstroom- en Mafikeng-kampusse, ’n gebrek aan substantiewe integrasie en lae toelatingsvereistes, tesame met onvoldoende studentesteun. Woordvoerder Louis Jacobs sê die RHO is tevrede met die voorgestelde plan om hierdie kwessies aan te spreek.

“En volgens hulle is ’ngedetaileerde strategie met ‘n duidelike tydraamwerk en toewysing van verantwoordelikhede en hulpbronne beslis nodig om die implementering van die plan te bespoedig. Volgens hulle is dit egter ’n langtermynvoorwaarde, aangesien die grootste impak van die ingrepe eers oor die medium tot lang termyn gevoel sal word,” sê Jacobs.

NWU Visekanselier, prof. Dan Kgwadi, het sy tevredenheid met die uitslag uitgespreek, en alle persone wat by die proses betrokke was, onder meer die personeel van die Fakulteit Regte, vir hul werk bedank.

Die HOKK vereis dat ’n vorderingsverslag teen 30 Oktober 2018 ingedien word. Daarna sal ’n opvolgterreinbesoek gedoen word op ’n datum wat deur die RHO en die instelling bepaal sal word.

Volgens die RHO se terugvoer blyk dit uit die bewyse wat in die universiteit se verbeteringsplan aangebied word, dat die meeste van die bekommernisse reeds hanteer word.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.