Local News
R1 miljoen se dwelms in Batho, Bloemfontein, gevind─── CHRISTAL-LIZE MULLER 13:33 Fri, 13 Oct 2017
Die polisie in Bloemfontein het bevestig dat Cat en tik van bykans R1 miljoen vanoggend by twee huise in Batho gevind is.
Polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, het by navraag gesê 'n mediaverklaring sal later uitgereik word waarin meer besonderhede verskaf sal word. Sy het wel gesê twee mans is in hegtenis geneem.
OFM-nuus verneem een van die verdagtes was ten tyde van die klopjag by dié huis.
Polisiebeamptes het daarna na nog 'n nabygeleë huis gegaan waar 'n tweede verdagte vir die besit van meer as 15 sakke Cat in hegtenis geneem is.
Albei verdagtes is volgens inligting Nigeriërs.
OFM-nuus