Local News
OB gevra om VS-munisipaliteit te ondersoek─── CATHY DLODLO 10:33 Fri, 23 Jun 2017

Frankfort - Die DA in die Vrystaat het die Openbare Beskermer gevra om die Mafube-munisipaliteit – wat Frankfort, Villiers en Tweeling insluit – te ondersoek.
Dié munisipaliteit is verlede maand deur die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake onder administrasie geplaas.
DA-LPW Mariette Pittaway sê die munisipaliteit het egter intussen tot ‘n totale stilstand gekom terwyl sy uitstaande skuld aan Eskom, die nasionale departement van Water en Sanitasie en die mediese- en pensioen fondse van werkers ophoop.
Die hoof van die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Mokete Duma, sê die departement help op die oomblik om werkers se salarisse te betaal en om die administratiewe proses in te stel.
OFM-nuus