On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Motief vir Virgina-moord op onderwyseres onbekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:14 Fri, 24 Mar 2017

Motief vir Virgina-moord op onderwyseres onbekend | News Article

Virginia - Die polisie op Virginia in die Vrystaat het gister twee mans in hegtenis geneem kort nadat 'n onderwyseres van 'n plaaslike laerskool se lyk in haar woonstel gevind is.


Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê die verdagtes is nog nie formeel aangekla nie. Hulle word egter met die moord op die 24-jarige Kay-Leen Peterson verbind. Haar lyk is deur 'n familievriend gevind nadat kollegas van die Lake View Laerskool haar nie op haar selfoon in die hande kon kry nie.

Kollegas was bekommerd oor Peterson nadat sy Woensdag en Donderdag nie by die skool opgedaag het nie. Haar familie het ‘n familievriend gevra om ondersoek te gaan instel.

Mokhuoane sê Peterson se verlate motor is later op Seloja, Meloding, gevind. Die motief vir die moord is onbekend. Die oorsaak van Peterson se dood sal in 'n nadoodse ondersoek vasgestel word. 

Sy sê daar was bloed op die toneel. Een van die verdagtes is aangekeer by 'n Korrektiewe Dienstesentrum wat mense op parool hanteer. Peterson het onlangs in die woonstel op die dorp oorkant die polisiekantoor ingetrek.   

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.