On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Laohu Valley-reservaat in rou nadat werknemer doodgebyt is

───   MARK STEENBOK 10:11 Sun, 09 Oct 2016

Laohu Valley-reservaat in rou nadat werknemer doodgebyt is | News Article
Vivienne McKenzie (Google Plus)

Philippolis - Die bestuur en werknemers by die Laohu Valley-reservaat by Philippolis in die Vrystaat is in rou gedompel nadat ‘n werknemer, wat verantwoordelik was vir die welstand van tiere, gisteroggend deur ‘n tier doodgebyt is.


Die tierplaas sê in 'n verklaring dat die 43-jarige Vivienne McKenzie sedert 2002 by die plaas gewerk het. McKenzie het onder meer haar lewe aan die versorging en beskerming van die bedreigde Suid-Chinese tiere gewy.

'n Emosionele Heinrich Funck, bestuurder van die tierplaas, het aan OFM-nuus gesê dat ‘n projekspan en die owerhede tans besig is met ’n deeglike ondersoek om vas te stel wat gebeur het. 

Funck het ook sy medelye met die familie van Mckenzie betoon en haar geloof vir haar passie en toegewydheid. 

Polisiewoordvoerder, Maselela Langa, het die voorval bevestig.

Die vyfjarige tier, "Beta", is intussen van kant gemaak.

OFM-nuus



Podcasts

Polisiewoordvoerder, Maselela Langa, het die voorval bevestig.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.