Local News
Griekwastad-moordsaak moontlik heropen─── 09:34 Sun, 09 Oct 2016
Kimberley - Die veroordeelde Griekwastad-moordenaar gaan binnekort aansoek doen om die heropening van die moordsaak van die Steenkamp-gesin.
Netwerk24 berig dat die man wat as die seun se voog aangestel is toe hy nog minderjarig was, Bennie Heckroodt, meen die jongman het allesbehalwe besluit om hom by sy vonnisse te berus.
Hy is in 2014 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Deon (44), Christel (43) en Marthella (14) Steenkamp op hul plaas.
In Maart verlede jaar het die partye al ooreenkom dat die 19-jarige se appèl regstreeks aan die appèlhof gerig gaan word.