On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast James
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Ondersoek vorder ná stropery van dieretuin-renosters

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:21 Tue, 05 Apr 2016

Ondersoek vorder ná stropery van dieretuin-renosters | News Article

Bloemfontein - Die polisieondersoek ná die stroopvoorval van die Bloemfonteinse dieretuin se renosters is in ‘n kritieke stadium.


Dit kom nadat die karkasse van ‘n witrenosterkoei en haar kalf verlede Donderdagoggend deur ‘n veldwagter in ‘n kamp op die plaas gevind is. Die diere is elk drie keer geskiet. Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, sê hoewel niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie, werk die polisie se forensiese-eenheid en ander betrokkenes nou saam om die stropers te soek. Hy sê streng veiligheidsmaatreëls is in plek op die plaas, wat goed omhein is, maar dit gaan nou verder opgeskerp word.

Khedama sê daar was goeie samewerking tussen die polisie en lede van die metro se sekuriteitsdienste, maar meer gaan nou gedoen word om die plaas en die bestaande dieretuin in die stad te beveilig. Meer patrollies gaan plaasvind. Bewaarders gaan meer sigbaar wees.

Intussen ondersoek die polisie ‘n klag in terme van die Biodiversiteitswet, wat verband hou met die beskerming van bedreigde spesies. Die Departement van Omgewingsake het vroeër gesê die situasie met renosterstropery het gestabiliseer. Dit word toegeskryf aan intensiewe ingryping in die bekamping daarvan. Suid-Afrika het 1175 renosters verloor in 2015 met stropery teenoor 1215 in 2014.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.