On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

NWU-Pukke 'breek die stilte'

───   DANE BEISHEIM 14:41 Mon, 19 Oct 2015

NWU-Pukke 'breek die stilte' | News Article

Potchefstroom - Die huidige onrustigheid in die tersiêre onderwyssektor is wat gelei het tot die totstandkoming van "NWU-Pukke Breek die Stilte", 'n groep studente wat die belange van die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus op die hart dra.

Dit is volgens SR-voorsitter, Paul Maritz, wat vanoggend 'n nuusverklaring uitgereik het waarin hy onder meer sê dat studente op die Potchefstroomkampus "moeg is vir politiekery" en "vals beskuldigings van rassisme" asook "onderdrukking onder die vaandel van transformasie".

Dit volg nadat 'n ander groep, Reform PUK, verlede week 'n memorandum van griewe aan visekanselier Dan Kgwadi oorhandig het waar hulle onder meer die behoefte aan transformasie op die kampus beklemtoon.

Maritz sê studente sal Vrydag in die Sanlam-ouditorium op kampus geleentheid kry om hul menings rondom hierdie en ander sake te lug.

Dane Beisheim/OFM-nuus

 


Podcasts

Paul Maritz:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.