On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

Foto's: Lugmag kry nuwe bevelvoerders

───   17:24 Fri, 07 Mar 2014

Foto's: Lugmag kry nuwe bevelvoerders | News Article
Dirk Kok - Twee van die lugmag se gedugte helikoptervlieëniers, albei lede van die VN se ingrypingsmag in die DRK, is vandag op ’n parade op die Bloemspruit-lugmagbasis onderskeidelik in bevel geplaas van die eskader vir die Rooivalk-aanvalshelikopter en van die helikoptervliegskool. Die basis het ook ’n nuwe bevelvoerder gekry.
Danie Bellingan staan nou aan die hoof van 16 Eskader, tuiste van die Rooivalk. Bellingan was in November deel van die eerste oorlogvoering met Suid-Afrika se Rooivalke, waarmee die M23-rebelle in die DRK tot oorgawe gedwing is. Hy neem oor by Robert Buys wat bevelvoerder van 87 Helikoptervliegskool word.
Buys het pas van diens in die DRK teruggekeer. Hy neem oor by Olaf Ohlssen wat die afgelope jaar waarnemende bevelvoerder van die vliegskool was.
Oscar Mkhize, ’n voormalige MK-helikoptervlieënier en lugmag-intelligensie-offisier, is die nuwe basisbevelvoerder. Hy neem oor by Chris Opperman wat as die weermag se senior stafoffisier vir lugoperasies aangestel is.
Mkhize sê hy wil Bloemspruit, wat jaar ná jaar een van die land se beste basisse is, die heel beste maak.
 
 
Oscar Mkhize (regs) is die nuwe bevelvoerder van die Lugmagbasis Bloemspruit. Hy neem by Chris Opperman (links) wat vyf jaar lank bevelvoerder was en nou die  weermag se senior stafoffisier vir lugoperasies is. Foto: Dirk Kok
 
Robert Buys (links) is die nuwe bevelvoerder van 87 Helikoptervliegskool en Danie Bellingan (regs) is die nuwe bevelvoerder van 16 Eskader. Foto: Dirk Kok 
 



Podcasts

Oscar Mkhize:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.