Local News
VFPlus kry nuwe wetgewerlid─── 17:08 Tue, 17 Sep 2013
Dirk Kok
Bloemfontein - Wouter Wessels is vandag as die VF+ se nuwe wetgewerlid in die Vrystaat ingehuldig. Hy volg Abrie Oosthuizen, die langsdienende wetgewerlid in die provinsie, op.
Oosthuizen, wat sedert 1994 ’n wetgewerlid was en voor dit ’n parlementslid, het uitgetree.
Die 28-jarige Wessels, ook die nasionale jeugleier van dié party, sê hy wil Oosthuizen se skoene vol staan in die wetgewer en die oorsigrol wat Oosthuizen gespeel het uitbou.
Met die oog op die verkiesing wil hy saam met ander partye werk om steun vir die ANC in die provinsie te verminder.
Wouter Wessels: