On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

DBV op Kroonstad kan moontlik toemaak weens finansiële krisis

───   16:51 Wed, 08 May 2013

DBV op Kroonstad kan moontlik toemaak weens finansiële krisis | News Article
Sabrina Dean, Christopher Motabogi

Die Kroonstad Dierebeskermingsvereeniging (DBV)het ‘n versoek aan die publiek gerig om hulle te hulp om operasionele kostes vir die maand te dek.

Die organisasie sê daar is tans net R5 000 oor in hul bankrekening, maar kostes vir die maand beloop meer as R20 000.

Die DBV word nie deur die regering gesubsideer nie, en is afhanklik van skenkings.

Takke in Harrismith en die Breede Vallei moes verlede maand hul deure sluit weens ‘n tekort aan geld en ondersteuning.

Finansiële bestuurder Elsa Hansen sê alhoewel hulle finansiële steun kry by die nasionale lotery, is hierdie geld bedoel vir spesifieke uitreikprojekte en mag dus nie gebruik word nie om maandelike kostes te dek nie.
 
Sy sê mense wat wil help het ook die opsie om ‘n debietorder van so min as R50 per maand in werking te stel.

Besoek die DBV se webblad, www.nspca.co.za, vir kontakbesonderhede.



Podcasts

Elsa Hansen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.