On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico
Listen Live Streams

International

LUISTER: Die Beatles stel hul 'finale snit' vry

───   09:19 Sun, 05 Nov 2023

LUISTER: Die Beatles stel hul 'finale snit' vry | News Article
Die Beatles was ’n integrale deel van die ontwikkeling van die 1960s se kultuur en die erkenning van populêre musiek as 'n kunsvorm. Foto: Instagram

“Danksy tegnologie bevat die snit al vier groeplede.”

Die ikoniese groep die Beatles het hul “finale snit” vrygestel, soos hulle dit noem. Getiteld “Now And Then”, was 45 jaar in wording met die eerste reëls wat reeds in 1978 deur John Lennon geskryf is. Die liedjie is uiteindelik verlede jaar voltooi.


The Beatles was ’n baie gewilde Engelse rockgroep wat in 1960 in Liverpool gestig is, bestaande uit John Lennon, Paul McCartney, George Harrison en Ringo Starr.

Paul McCartney en Ringo Starr is die enigste twee lede van The Beatles wat vandag nog leef. Danksy tegnologie bevat die snit al vier groeplede.

Die Beatles word beskou as die mees invloedryke groep van alle tye.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.