On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico
Listen Live Streams

International

Wêreld se oudste Afrika-pikkewyn word 43

───   17:55 Fri, 10 Feb 2023

Wêreld se oudste Afrika-pikkewyn word 43 | News Article
ET, op 43 die oudste Afrika-pikkewyn, by haar "verjaarsdagkoek". FOTO: Facebook

ET, die wêreld se oudste Afrika-pikkewyn, het onlangs 43 jaar oud geword. Sy is ‘n inwoner van die Metro Richmond-dieretuin in die Amerikaanse staat Virginië.

Die dieretuin sê volgens beskikbare data is ET nie net die oudste Afrika-pikkewyn in die wêreld nie, maar ook die langslewende Afrika-pikkewyn.

In die natuur word hulle gemiddeld tussen 15 tot 20 jaar oud, maar hulle kan veel langer in dieretuine leef, het die dieretuin aan People gesê.

“Pikkewyne is monogaam en sal lewenslank paar. Sy het twee van haar maats by die dieretuin oorleef, en haar huidige maat is Einstein. ET en Einstein het hul eie private ruimte sodat sy haar senior jare sonder enige pikkewyndrama kan deurbring,” sê die dieretuin.

ET het in 1995 by die dieretuin aangekom en is in goeie gesondheid, in ag genome haar ouderdom.

“Soos meeste bejaarde pikkewyne ly ET aan artritis waarvoor sy medikasie ontvang. Sy het ook verswakte visie, maar haar lewenskwaliteit is goed. Sy eet lekker en hou daarvan om te swem.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.