On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

International

Meer as 2 300 dood in aardbewings in Turkye en Sirië

───   17:17 Mon, 06 Feb 2023

Meer as 2 300 dood in aardbewings in Turkye en Sirië | News Article
FOTO: Washington Post

Twee massiewe aardbewings wat Turkye en Sirië Maandagoggend getref het, het na wat berig word meer as 2 300 mense se lewens geëis terwyl meer as 10 000 beseer is.

Die dodetal sal na verwagting nog skerp styg.

Die eerste skudding van 7,9 het in die nagtelike ure naby die stad Gaziantep plaasgevind en is byna 1 000 km verder in Kaïro gevoel. Dit het talle gesinne in hul slaap oorval en het 'n spoor van vernietiging in Turkye en Sirië gelaat. Baie mense was nog onder puin vasgekeer toe 'n tweede aardbewing van 7,5 net ure later voorgekom het.

Volgens beriggewing deur The Guardian is 1 498 mense in 10 Turkse provinsies dood, meer as 430 in Sirië en minstens 380 in die rebellebeheerde noordweste van die land.

‘n Kenner van natuurrampe, dr. Steven Godby, waarsku dat die kwesbaarheid van die bevolking en wintersneeu reddingspogings bemoeilik. Hy voorspel dat die “dodetal waarskynlik nog sal styg".

“Die eerste 24 tot 48 uur is wanneer die meeste mense normaalweg in hierdie situasies gered word, maar die koue weer kan dié tyd verkort. Die uitdaging word verder vererger deurdat die burgeroorlog reeds groot getalle mense in die noorde van Sirië haweloos gelaat het.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.