On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Oscar
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Oscar
Listen Live Streams

International

Pa van manslag aangekla nadat seun weens slangbyt sterf

───   05:54 Wed, 09 Nov 2022

Pa van manslag aangekla nadat seun weens slangbyt sterf | News Article
Tristian Frahm. PHOTO: Supplied

’n Man van Australië word van manslag aangekla, 12 maande nadat sy 11-jarige seun weens ’n slangbyt dood is. Sy pa word daarvan beskuldig dat hy nie mediese hulp gekry het nadat sy seun vir hom gesê het ’n slang het hom gebyt nie.

Die polisie in Queensland het 'n man aangekla, 'n jaar nadat sy seun gesterf het. 

Kerrod Frahm (31) word van manslag aangekla en sal volgende maand in die hof verskyn.

Tristian Frahm (11) is op 20 November 2021 by sy huis in Murgon, ‘n plattelandse dorpie 260km noord van Brisbane met ‘n bevolking van 2378, dood, ure nadat hy vir sy pa gesê het 'n slang het hom gebyt.

Die polisie het Dinsdag, 7 November 2022 sy pa op 'n aanklag van manslag aangekla en hom daarvan beskuldig dat hy nie sy seun se pleidooi ernstig opgeneem het nie.

Die polisie beweer Frahm het versuim om mediese hulp te soek nadat Tristian vir hom gesê het 'n slang het hom gebyt terwyl hy by 'n vriend se huis gespeel het.

Frahm en Tristian het gaan slaap, 'n rukkie nadat die seun vir pa van die slangbyt vertel het, waarna sy toestand vinnig versleg het.

Na verneem word, het Tristian gedurende die nag uit die bed geklim. Sy lewelose liggaam is die volgende oggend buite 'n skuur gevind.

’n Polisie-ondersoek is begin om vas te stel hoe Tristian weens die slangbyt dood is.

Frahm verskyn op 6 Desember in die Murgon-landdroshof.

7news.com.au

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.