On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Te voet van Gansbaai na Simonstad vir pikkewyne

───   12:08 Mon, 11 Apr 2016

Te voet van Gansbaai na Simonstad vir pikkewyne | News Article
Twitter

Gansbaai - Sestien mense het vanoggend 'n staptog in Gansbaai in die Wes-Kaap begin vir bewusmaking van die Afrika-pikkewyn.


Die groep stap kuslangs en beoog om Saterdag in Simonstad aan te kom by Boulders se bekende broeikolonie.

Die Afrika-pikkewyn is erg bedreigd en dié staptog, 'n bewaringsinisiatief van die Twee Oseane Akwarium en Penguin Promises, is in sy sesde jaar in 'n poging om die koddige voëls te help oorleef.

Die Afrika-pikkewyn se getalle het die afgelope 60 jaar dramaties afgeneem. In 1957 was daar wêreldwyd 'n geraamde 141 000 pare - in 2009 was daar net 25 000 van dié pare oor. Die afgelope 28 jaar was daar 'n afname van 61%.

Daar is talle maniere hoe jy kan help om seebesoedeling te keer en sodoende die voortbestaan van pikkewyne te verseker. Gebruik energie-doeltreffende gloeilampe; herwin huisafval; gebruik waterbesparende stortkoppe; sê nee-dankie vir plastiekstrooitjies; moenie plastiekinkopie-sakke gebruik nie en les bes, tel rommel op waar en wanneer jy dit gewaar.

Verklaring verwerk

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.