Health
Kansa: Eierstokkanker – dodelikste van alle vrouekankers─── KAYLA BARKER 09:00 Wed, 09 Apr 2025

Kliniese verpleegspesialis by Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika), Vlooi Venter, sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor die misleidende tekens en simptome van ovariale kanker/kanker van die eierstokke.
Kanker van die eierstokke is nie die mees algemene van die vroulike kankers nie, maar die dodelikste vanweë die verskuilde tekens en simptome wat aanleiding gee tot laat diagnose en hoë mortaliteit.
Vlooi Venter vertel vir ons meer
Kanker van die eierstokke (ovariale kanker), ’n hoofoorsaak van kankersterftes, bied uitdagings as gevolg van verraderlike ontwikkeling en vae tekens en simptome. Risikofaktore sluit in ouderdom, voortplantingsgeskiedenis, genetiese mutasies, en omgewingsfaktore.
Behandeling behels chirurgie, chemoterapie, en geteikende terapie, met verpleegintervensies wat fokus op simptoombestuur en ondersteunende sorg.
Die risiko word deur verskeie faktore beïnvloed te word
- Hoe meer kinders ’n vrou het en hoe vroeër in haar lewe sy geboorte skenk, hoe laer is haar risiko.
- Sekere geen-defekte (BRCA1 en BRCA2) is verantwoordelik vir ’n klein aantal gevalle. Vroue met ’n persoonlike geskiedenis van borskanker of ’n familiegeskiedenis van bors- of ovariale kanker het ’n verhoogde risiko.
- Vroue wat slegs estrogeenvervanging gebruik (sonder progesteroon daarby) vir vyf jaar of meer, blyk ’n hoër risiko te hê.
- Geboortebeperkingspille verminder die risiko.
- Onvrugbare vroue of vrugbaarheidsbehandeling kan die risiko verhoog.
- Die gebruik van ’n intra-uteriene (kontraseptiewe) apparaat beïnvloed die risiko ook negatief.
- Ouer vroue het die hoogste risiko om ovariale kanker te ontwikkel. Die meeste sterftes as gevolg van ovariale kanker kom voor by vroue van 55 jaar en ouer.
- Navorsing dui daarop dat die risiko van effens hoër is vir vroue met mediese toestande soos endometriose.
Verdere risikofaktore
- Die rook van tabakprodukte.
- Vrouens wat oorgewig is.
- Vrouens wat lank is.
Besoek Kansa vir hulpmiddels en ondersteuning.
OFM Nuus cg/mvh