On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Health

#OFMFamilyFocus – Internasionale dowe bewusmakings maand

───   23:00 Tue, 27 Sep 2022

#OFMFamilyFocus – Internasionale dowe bewusmakings maand | News Article
Photo: ryanseslow.com

September is internasionale dowe bewusmakings maand en Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Gebaretaal Taal Lektor by die Universiteit van die Vrystaat, Annemarie le Roux.

September is internasionale dowe bewusmakings maand en Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Gebaretaal Taal Lektor by die Universiteit van die Vrystaat, Annemarie le Roux.

Le Roux deel meer oor wat die doel van gebare taal is en hoe dit dalk binnekort die 12de amptelike taal van Suid-Afrika kan word en watse voordele dit vir dowes sal inhou. 

Lees ook: Living without limits this Casual Day 2022

Gedurende die 1950's het die Wêreldfederasie vir Dowes September as Dowe Bewusmakingsmaand verklaar. Die tema vir hierdie jaar is die bou van n inklusiewe gemeenskappe vir almal deur die breër gemeenskap in te lig oor doofheid, Gebaretaal en Dowe kultuur. 

Hierdie jaar sal die Departement van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Dowe Studies met ondersteuning van die Tolkdienste en UV se Departement van Kommunikasie en Bemarkingspan gedurende September 'n verskeidenheid aktiwiteite aanbied om 'n groter begrip van die Dowe wêreld te bevorder en om hul Dowe vriende en kollegas te vier.

Vir meer inligting besoek Deaf Awareness 2022 en om betrokke te raak Skakel 076 760 5355 of stuur n e-pos na vanasa1@ufs.ac.za

Een keer per maand in die OFM Family Focus maak ons kontak met organisasies wat werk met mense en kinders wat met gestremdhede in ons streek leef. As jy weet van so 'n organisasie in Sentraal-SA kontak Yolanda via e-pos yolandam@ofm.co.za

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.