On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 26 September 2022

───   19:06 Mon, 26 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 26 September 2022 | News Article
President Cyril Ramaphosa (FOTO: Die Presidensie)

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 26 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

President Cyril Ramaphosa sê hoewel beurtkrag oor die korttermyn nie uitgeskakel kan word nie, is dit die regering se onmiddellike doelwit om die frekwensie, en die hoë fase van beurtkrag, te verminder.

OFM-nuus se Elsabe Richard-May verduidelik Ramaphosa sê in sy weeklikse brief aan Suid-Afrikaners dat die regering vordering maak met die implementering van planne wat in Julie aangekondig is om die kragkrisis te verlig.


Intussen het Agri SA ‘n beroep op die regering gedoen om die landboubedryf as ‘n noodsaaklike diensverskaffer te verklaar – om te verseker dat boerderybedrywighede en die voedselverskaffingsketting nie weens beurtkrag ontwrig word nie.

OFM-nuus se Heidre Malgas verduidelik Agri SA het Eskom ook genader vir samesprekings en gewaarsku dat die huidige energiekrisis gevolge kan inhou vir voedselsekerheid aanstaande jaar.


Daar word gekyk na langtermyn-oplossings vir die water- en elektrisiteitsuitdagings in die Maluti-A-Phofung (MAP) plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat.

Die ondertekening van 'n Verspreidingsagentskap-ooreenkoms met die nasionale kragvoorsiener, Eskom, is tydens 'n spesiale raadsvergadering onderskryf.

Uitvoerende Burgemeester, Gilbert Mokotso, het bevestig die ondertekening sal binne die volgende paar dae geskied - Adjunkpresident David Mabuza, wat instrumenteel was in die opstel van die ooreenkoms, sal die geleentheid bywoon.


Mmusi Maimane sal nie maklik die volgende Suid-Afrikaanse president word nie, maar hy staan ‘n kans om van die meer as vyf miljoen besluitelose kiesers te oorreed om hom te steun.

Dit is luidens die politieke ontleder, André Duvenhage, soos Maimane sy nuwe politieke party Build One SA – of Bosa – bekend gestel het en beloof om seker te maak dat ten minste een lid in elke huishouding ‘n werk sal hê.

OFM-nuus korrespondent, Isaac Cloete, berig Duvenhage sê Bosa se sterkpunt is die saamtrek van onafhanklike kandidate.


LUISTER:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.