On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 24 September 2022

───   13:14 Sat, 24 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 24 September 2022 | News Article

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 24 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Die Jagersfontein-ramp, wat een persoon dood en talle beseer gelaat het op 11 September, is as 'n provinsiale ramp verklaar.

Volgens premier Sisi Ntombela se woordvoerder, Palesa Chubisi, is die besluit om die gebied as 'n provinsiale ramp te klassifiseer reeds Maandag geneem.

Sy sê dié besluit is deur die Nasionale Rampbestuursentrum geneem ná konsultasies met die provinsiale regering.

Chubisi sê die besluit is grootliks beïnvloed deur die omvang en erns van die situasie.

Intussen sal die enigste oorledene, Aaron Mosoeu, vandag in Jagersfontein ter ruste gelê word.


Die Burgerregteorganisasie, AfriForum, se traumaeenheid het 42 vrywilligers gewerf en opgelei om slagoffers van plaasaanvalle en geweldsmisdaad op die toneel by te staan.

Die organisasie sê weens die toename in hierdie tipe misdade in die landelike gebiede, het die behoefte aan trauma-ondersteuning op tonele toegeneem.

OFM-nuus se correspondent, Roderick Titus, berig traumavrywiligers is in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noordwes met die nodige kennis en vaardighede opgelei.


Die premier van Noordwes, Bushy Maape, sal Maandag die Provinsiale Geïntegreerde Staatsdiensmaand-herdenking by die Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit lei, onder die tema “Batho Pele Revitalisation - Walking the talk”.

OFM-nuus se Bambatha Giko berig die premier se kantoor sê in 'n verklaring die 2022 Staatsdiensmaand fokus op onder meer die verbetering van openbare gesondheid en die welstand van staatsamptenare. 


Verkeersagentskappe het padgebruikers gemaan om baie versigtig te bestuur in die lig van Erfenisdagvieringe wat die naweek landwyd gehou word.

‘n Woordvoerder van Gauteng se verkeersowerheid, Sello Maremane, sê druk verkeer word veral weer more op al die hoofroetes van en na Gauteng verwag.

Die SAUK berig verder Maremane sê verkeersbeamptes sal onder meer padblokkades hou om oortreders van verkeersreëls vas te trek en sodoende die veiligheid van motoriste te verseker.


LUISTER:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.