On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 17 September 2022

───   14:38 Sat, 17 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 17 September 2022 | News Article
Vrystaat Maatskaplike Ontwikkeling LUR, Mamiki Qabathe (FOTO: Facebook)

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 17 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

’n Reaksiespan is deur die Vrystaatse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling gestig om gesinne by te staan wat deur die ineenstorting van die Jagersfontein-damwal geraak word.

Departementele woordvoerder Lindiwe Mnguni het aan eNCA gesê hulle het ondersteuning van verskeie organisasies ontvang, en het daarin geslaag om 'n voedsel- en klerebank op die been  te bring vir diegene wat haweloos gelaat is.


Hoërskool Garies in die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap is vanoggend deur 'n brand verwoes.

Provinsiale Onderwyswoordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê die situasie is 'n groot bron tot kommer vir die departement, veral aangesien leerders tans besig is om hul eksamens te skryf.

Hy sê leerders kan moontlik al hul skoolwerk weens die brand verloor.


Vrystaatse LUR vir Onderwys, Tate Makgoe, het sy skok en hartseer uitgespreek ná die dood van 'n agtjarige leerder aan die Laerskool Caleb Motshabi in Bloemfontein.

Departementele woordvoerder, Howard Ndaba, sê die voorval het Vrydag tydens pouse plaasgevind nadat hy Vrydag in 'n mobiele toilet se venster vasgeval het.

Die SAUK berig die leerder is verwyder en na 'n leë klaskamer geneem, waar hy drie ure later dood verklaar is terwyl daar vir 'n ambulans gewag is.


Advokaat Malesela Teffo kan teen sy skorsing appelleer - maar die Regspraktykraad sê hy sal so 'n stap teenstaan op grond daarvan dat Teffo 'n bedreiging is vir diegene wat hom genader het vir regshulp.

Teffo is deur die hooggeregshof in Pretoria van die rol van advokate geskrap.

Die raad het die hof genader om hom te skors nadat hy 22 klagte teen hom ontvang het.

Teffo het vier van die vyf beskuldigdes in die veelbesproke Senzo Meyiwa-moordverhoor verteenwoordig.

In Julie het hy hom aan die saak onttrek weens beweerde teistering en dreigemente.

Hy het verlede maand onsuksesvol gepoog om terug te keer na die saak.

Regspraktykraad woordvoerder - Kabelo Letebele - sê die klagte teen Teffo dateer uit 2019.


LUISTER:


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.