On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 11 September 2022

───   13:32 Sun, 11 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 11 September 2022 | News Article

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 11 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Twintig mense is met ligte beserings na die Diamant-hospitaal op Jagersfontein geneem, terwyl vier ander na die Albert Nzula-hospitaal in Trompsburg vervoer is.

Dit volg nadat 'n myndamwal vroeg vanoggend op Jagersfontein in die Vrystaat gebars het.

Geen sterftes is nog sover aangemeld nie.

Die voorval het glo infrastruktuur beskadig, insluitend elektriese pale en die gebied is sonder krag gelaat.

Volgens die Kopanong munisipale woordvoerder, Solomzi Phama, is meer as 100 huise geraak.

Hy sê die water het inwoners se besittings weggespoel en van die inwoners is na die naaste plaas in daardie omgewing verskuif.


Motoriste word intussen aangeraai om nie die R706-pad tussen Bloemfontein en Jagersfontein te gebruik nie, aangesien dit tans toe is weens die myndamwal wat gebars en die gebied gevolglik oorstroom is.

Phama sê motoriste wat na Jagersfontein reis, moet eerder die Petrusburg-pad na Koffiefontein gebruik en van daar afdraai na Fauresmith en deurry na Jagersfontein.

OFM-nuus het vroeër berig dat die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, rampbestuurspanne na die geaffekteerde area ontplooi het.

Die premier se woordvoerder, Palea Chubisi, het verder gesê dat Ntombela ook na ander maniere kyk om die geaffekteerde gemeenskap by te staan.  


Wyle Koningin Elizabeth se seun, Charles die derde, is gister amptelik tot koning van Engeland geproklameer.

Die ampaanvaardingsraad, waar Charles sy eed afgelê het, is vir die eerste keer ooit uitgesaai en het die wêreld 'n geleentheid gebied om verby die digte gordyn te loer na 'n oomblik wat nog nooit deur lede van die publiek aanskou is nie.

Volgens Maroela Media het die historiese seremonie by die St. James-paleis in Londen plaasgevind en 'n openbare proklamasie en die klank van sewe trompette vanaf die paleis se balkon het gevolg.


Die publiek kan vandeesweek die Noord-Kaapse Wetgewer besoek om meer oor hierdie instelling, asook sy ikoniese gebou in Galeshewe buite Kimberley, te leer.

Dié spesiale week, wat van Maandag tot Vrydag strek, het ‘n vol program met onder meer loopbaanuitstallings, ‘n kunsdag, asook kinderprogram.

Volgens woordvoerder, Carmen Gopane, is die “Visit Your Legislature Tourism Week” gereël om burgers meer bewus te maak van hul rol in die bestuur van die land.

Tydens die verrigtinge sal besoekers meer kan leer oor die funksie van die wetgewer asook die geskiedenis en simboliek van die ikoniese gebou.

Besoekers word gevra om hulle toere vooraf met die wetgewer te bevestig.

Die toere is ook na afloop van hierdie spesiale week beskikbaar.


LUISTER:


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.