On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 5 September 2022

───   18:52 Mon, 05 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 5 September 2022 | News Article
FOTO: Liz Truss (Wikipedia)

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 5 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Liz Truss is die nuwe leier van die Konservatiewe Party in the Verenigde Koninkryk. Sy het 'n moeilike veldtog teen oud-minister van finansies, Rishi Sunak, gewen om vandag as opvolger van Boris Johnson aangewys te word. Dit volg ná sy bedanking vroeër vanjaar. Johnson het 'n ongekende vlaag van opstand onder sy eie konserwatiewe partygeledere gely, maar in 'n toespraak vanmiddag het Truss gesê sy nalatenskap sal ongeskonde bly. Truss sal môre as Britse Eerste Minister aangewys word nadat sy met die koningin by Balmoral in Skotland vergader het.


President Cyril Ramaphosa sê die jongste indiensnemingsyfers – wat 'n afname in die werkloosheidskoers toon – is rede tot versigtige optimisme in die herstel van die ekonomie. Die syfers toon 'n afname in werkloosheid van 34,5% in die eerste kwartaal tot 33,9%. Die statistieke dui ook op sowat 648-duisend meer werksgeleenthede in dieselfde tydperk. Ramaphosa het vanoggend deur sy weeklikse nuusbrief laat weet hoewel die nuus verwelkom moet word, dat baie meer gedoen moet word om werkloosheid verder te voorkom.


Eskom is nog besig om herstelwerk te doen aan Eenheid Twee van die Koeberg-kragstasie nadat dit die naweek uitgeskop het. Dit is onbekend of die probleme die kanse vir beurtkrag vergroot. Die eenheid is in Januarie van die kragnetwerk ontkoppel vir onderhoudswerk en hervulling voordat dit in Augustus weer aan die netwerk gekoppel is. Die kragverskaffer het beklemtoon dat probleme by Koeberg nie enige veiligheidsrisiko inhou nie.


EN

Die vuurwapensaak teen EFF-leier, Julius Malema, en medebeskuldigde Adriaan Snyman, is in die Oos-Londen streekhof uitgestel. Die aanklagte volg na 'n voorval tydens die EFF se vyfde verjaardagvieringe in Oos-Londen, waar Malema glo in 'n video 'n outomatiese wapen afvuur. Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het die aanklagte teen hom en Snyman gelê, wat na bewering sy lyfwag is. NVG woordvoerder in die Oos-Kaap, Luxolo Tyali, sê die saak is tot 23 Januarie volgende jaar uitgestel.

LUISTER:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.