Entertainment
LUISTER: My f*k, waar's Marelize nou?─── 15:34 Fri, 03 Feb 2023
Die OFM Good Morning Breakfast-span hoor hoe dit gaan met die dame wie se fietsry faux pas wyd op sosiale media opslae gemaak het in 2019.
Marelize Horn, oorspronklik van Windhoek in Namibië, het 'n internetsensasie geword nadat videomateriaal van haar wat met ’n fiets in ’n rugbypaal vasry en haar ma daarna gehoor word “My f*k, Marelize” sê, die wêreld oor versprei is as ’n meme.
Horn vertel dat sy destyds moes oefen om fiets te trap omdat sy beplan het om in Nederland te werk, maar is deesdae gemoeid met iets heel anders.
Luister onder oor haar nuwe werk op ’n plesierboot as ’n kunssmous:
Waarskuwing: die video onder bevat kru taal.