Central SA
Gimmies: Waar geleenthede en drome mekaar ontmoet!─── 11:43 Wed, 23 Apr 2025
Sponsored11:43 Wed, 23 Apr 2025
Kom geniet ’n feestelike aand saam met Gimmies op 12 Mei 2025.
Kayla Barker gesels met JR Jackson, Gimmies se koshuisvader en eerstespanrugbyafrigter, Jana Coetzer, en die skool se hoofdogter en hoofseun oor alles wat Gimmies aanbied.
____________________________________________________________________________________________________
Gimmies is trots daarop om te kan sê dat Potchefstroom Gimnasium ’n waardegedrewe skool is wat rotsvas by sy leuse Fac et Spera – werk en hoop, staan.
Ons streef na uitnemende en opvoedende onderwys in Afrikaans, waar leerders holisties tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel, getrou aan die ryke geskiedenis en tradisies van die skool.
Gimmies se missie
- Uitnemendheid op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
- Begeleiding van leerders tot gebalanseerde, gelukkige en weldenke individue.
- Regverdige en konsekwente dissipline wat vir alle rolspelers geld.
- Bevordering en ontwikkeling van etiese leierskap.
- Ontwikkeling van toepaslike vaardighede dat leerders volwaardige landsburgers
kan wees.
Suksesse wat Gimmies behaal, getuig van toewyding, lojaliteit en uitnemendheid. In 2024 word die skool vir die vyfde keer deur die Onderwysdepartement as die beste kwintiel 4 skool in die land aangewys – ’n prestasie wat ook in 2016, 2018 en 2019 en 2022 behaal is.
Sport en kultuur
Gimmies se kultuurdepartement laat leerders tuis voel agter die mikrofoon, op die verhoog en in die kollig, en leerders kan uit meer as 20 kultuuraktiwiteite ’n keuse maak. Dit is o.a. Gimmie-toneel, die Sasima-skoolkoerant, redenaars, debat, ’n jaarlikse Eisteddfod en ’n verskeidenheid ensembles.
Gimmies bied aan sportleerders ’n legio geleenthede in skaak, skyfskiet, bergfietsry, gholf, muurbal, rugby, netbal, seuns- en dogtershokkie en -krieket, atletiek, landloop en tennis. Leerders se vaardighede in hulle gekose sportsoort/e word met gespesialiseerde afrigting, kampe en toere ontwikkel.
Baie spelers word jaarliks in verskillende Noordwes spanne opgeneem.
Ons is trots op ons goedtoegeruste sportfasilteite wat Gimmies van die res van die skole, nie net in Potchefstroom nie, maar ook in Noordwes, onderskei. Dit is o.a. binneshuise krieketgeriewe, gholfnette, ‘n gimnasium, swembad, skyfskietlokaal, netbal- en tennisbane, atletiekbaan en rugby- en hokkievelde.
Cachet en Brandwag
Cachet-dameskoshuis en Brandwag-seunskoshuis is ’n huis-weg-van-die-huis vir koshuisleerders. Die koshuise is ’n veilige, gesellige plek waar sekuriteit hoog op die prioriteitslys is.
Netjiese fasiliteite, vasgestelde studietye en voedsame maaltye dra by tot die huislike atmosfeer wat daagliks ervaar word.
Elke koshuis se unieke tradisies en aksies bly leerders vir die res van hulle lewe by.
Voornemende Gimmie, jy en jou ouers word hartlik uitgenooi na Gimmies se Opedag op Maandag, 12 mei. Die besoeke aan die koshuise is van 16:30 tot 17:30. Die hekke vir die besoek aan die skool open om 17:00 en die amptelike program begin om 17:30. Volg die skakel https://forms.gle/4dWeNK338arbScH88 om jou plek te bespreek.
Ons is opgewonde om saam met jou aan jou drome te werk – klein of groot! Gimmies is daar om jou te help om jou volle potensiaal te bereik. Stuur gerus ’n e-pos na andrea@gimmies.co.za indien jy enige vrae het.