Central SA
Akademia-studieaansoeke nou ingewag─── 09:27 Wed, 09 Apr 2025
Sponsored09:27 Wed, 09 Apr 2025
Wil jy in 2026 studies aanpak? Akademia het goeie nuus vir jou... Studieaansoeke is nou oop!
Carmen Pienaar, bemarkingsadviseur by Akademia, sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor hoe om volgende jaar een vir die boeke te maak by hul vyf fakulteite. Daar is ook ‘n aanlyn inligtingsessie om al jou vrae te vra.
Daar word gesê dat die verwesenliking van elke droom – hoe groot of klein ook al, begin deur die neem van 'n doelbewuste en dapper eerste tree. Dieselfde is óók waar van studie-ideale. Óf jy nou binnekort 'n skoolverlater gaan wees, reeds in die werkswêreld gevestig is óf selfs passievol ander belangstellings soos byvoorbeeld professionele sportdeelname najaag, 'n gehalte kwalifikasie in jou moedertaal kan jou tot nuwe en hoër toekomshoogtes voer.
Akademia se 2026-studieaansoeke vir nauurse studie oor afstand, óf voltydse studie by die kampusse in Centurion of die Paarl het op 1 April 2025 geopen.
Die waarde van 'n naskoolse kwalifikasie
Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, is daar wesenlike voordele daaraan verbonde om jouself met 'n naskoolse kwalifikasie toe te rus. Hy verduidelik dat in Suid-Afrika die werkloosheidskoers onder gegradueerdes baie laag is, en dat daar 'n sterk en direkte positiewe verband tussen inkomstevermoë en 'n individu se vlak van akademiese begronding is.
'n Bykomende aspek van studeer wat dikwels oorgesien word, is die sogenaamde “sagte” voordele wat verbonde is aan studentwees. “In die geval van Akademia bevind Fonties* hulself binne 'n unieke studiemilieu waarin hulle lewenslange kennisse, vriendskappe en netwerke vestig,” verduidelik Visser. Hy voeg by dat studente voorts aan die hand van die instelling se vormingsideaal hul denke én hart op 'n doelgerigte manier ontwikkel en só 'n toekomsgerigte en hoopvolle ingesteldheid omarm wat noodsaaklik is om betekenisvol te kan lewe.
'n Keuse van twee onderrigleermodelle
As 'n voorkeur-akademiese tuiste bied dié instelling reeds verskeie pasgemaakte oplossings aan studente, nasionaal en internasionaal, by wyse van twee onderrigleermodelle.
Die nauurse afstandsmodel is nommerpas vir diegene met 'n besige skedule wat reeds 'n beroep volg of ander drome najaag. Studente wat hul studie via hierdie model aanpak kan klasse bywoon deur óf by 'n sentrum aan te sluit óf van die instelling se e-leeropsie gebruik te maak. Diesulke studente word deur gevorderde tegnologie met hul dosente verbind in 'n virtuele leerruimte, terwyl klasse op weeksaande en Saterdae bygewoon word.
Wat die voltydse kampusmodel betref heers daar veral gróót opgewondenheid oor die eerste aansoeke wat ingewag word vir Akademia se Paarl-kampus wat in 2026 sy deure open. Hierdie model, wat reeds baie effektief in Centurion, Gauteng aangebied word, bied aan studente 'n eiesoortige kampuservaring waar daar bedags klasgedraf word en deelname aan 'n bruisende studentelewe aangemoedig word. Die Paarl-kampus, sal soos in die geval van die Gerhardstraat- en Leriba-kampus in Centurion, 'n veilige en goed ingerigte ruimte wees waarin studente tot hul volle potensiaal sal kan gedy. 'n Paarl-kampusopedag vind op 9 en 10 Mei plaas en voornemende Fonties* (*verwys na studente wat aan Akademia studeer) in die Wes-Kaap word aangemoedig om dié geleentheid by te woon.
Ongeag die onderrigleermodel wat voornemende studente kies, geniet hul gehalte opleiding en roepingsgedrewe vorming vanuit die instelling se vyf dinamiese fakulteite, naamlik: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe en Regsgeleerdheid. Klik hier om meer uit te vind oor die beskikbare studiemoontlikhede.
Só sien die aansoekproses daarna uit
Die instelling se aansoekproses vind aanlyn plaas via die webblad en van begin tot einde neem dié proses jou slegs twintig minute. Ten einde die aansoekproses so naatloos as moontlik af te handel, benodig aansoekers die volgende dokumentasie:
- Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies nie ouer as drie maande nie (indien van toepassing) of jongste graad 12-punte (skoolverlaters)
- 'n Gesertifiseerde afskrif van jou ID-dokument nie ouer as drie maande nie
- 'n Volledige CV (vir persone wat reeds werk)
- Gesertifiseerde afskrifte van enige naskoolse kwalifikasies nie ouer as drie maande nie (indien van toepassing)
Klik hier vir meer inligting oor Akademia en om aanlyn aansoek te doen. Neem vandag nog beheer oor jou toekoms en neem die eerste tree na loopbaansukses.
Studentwees by Akademia gaan oor méér as net studie. Fonties se denke én hart word gevorm met die oog op 'n vrye toekoms. Studieaansoeke vir die 2026- akademiese jaar word tans ingewag.
Skakel in, doen aansoek en studeer nauurs oor afstand in 2026
Ons almal ken die gesegde, van uitstel kom afstel. Indien jy nóg altyd 'n studiedroom koester, maar jouself in dié gesegde herken omdat jy reeds voltyds in die werksplek gevestig is óf ander belangstellings nastreef, wees gerus: Akademia het 'n nommerpas oplossing vir jou.
Die instelling se nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente – van alle ouderdomme en van enige plek ter wêreld – wat graag 'n gehalte kwalifikasie in Afrikaans wil behaal.
Indien jy graag in 2026 'n studiereis wil aanpak, voeg nou reeds daad by die woord en bespreek jou plek vir Akademia se aanlyn inligtingsessie oor nauurse afstandstudiemoontlikhede wat op Saterdag 12 April vanaf 09:00 tot 10:30 plaasvind.
Meer oor die nauurse afstandsmodel
Fonties wat van hierdie onderrigleermodel gebruik maak het 'n keuse van deelname by wyse van 'n netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika óf 'n e-leeropsie. Kontaksessies vind op weeksaande en Saterdae plaas en tegnologie word gebruik om dosente en studente in virtuele leerruimtes byeen te bring.
Behalwe vir 'n gerieflike rooster bied hierdie model ook aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om hulself akademies toe te rus. Die instelling se internasionale voetspoor strek oor onder meer Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die Verenigde State van Amerika.
Meer oor die aanlyn inligtingsessie
Tydens die inligtingsessie, wat jy vanuit die gerief en gemak van jou eie leefvertrek kan bywoon, sal die volgende aspekte bespreek word:
- 'n Oorsig oor Akademia
- Die verskillende studieopsies
- Klasbywoning
- Die aansoekproses
- 'n Interaktiewe vraag-en-antwoordsessie
Waarvoor wag jy? Dit is nou die tyd om werk te maak van jou studiedroom. Maak seker dat jy hierdie belangrike inligtingsessie bywoon en jou nauurse afstandstudieopsies deeglik verken.