On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-polisie ondersoek strafbare manslag ná ongeluk wat ses lewens eis

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:56 Mon, 31 Mar 2025

Noordwes-polisie ondersoek strafbare manslag ná ongeluk wat ses lewens eis | News Article
Noordwes-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Foto: Argief

’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie in Noordwes ondersoek nadat ’n botsing reg van voor tussen Klerkskraal en Welverdiend ses lewens geëis het.

Volgens die skakelbeampte van Noordwes se departement van gemeenskapsveiligheid en vervoer, Charles Matlou, het twee voertuie wat in teenoorgestelde rigtings gery het, Saterdagaand (29/3) om 20:00 trompop gebots. Vier van die oorledenes was in een voertuig wat ses passasiers vervoer het. Albei bestuurders is dood.

Altesaam tien passasiers is in die twee voertuie vervoer. Vier oorlewendes is ernstig beseer en na die hospitaal geneem. Van die ses oorledenes is drie vroue wie se ouderdomme nog nie geverifieer is nie.


Matlou het gesê ’n saak van strafbare manslag word deur die Klerkskraal-polisiekantoor ondersoek.

Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur het sy innige meegevoel met die families van die oorledenes betuig en wens die beseerdes ’n spoedige herstel toe.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.