On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

N1 tussen Edenburg en Trompsburg gesluit ná ongeluk

───   ZENANDE MPAME 09:46 Mon, 24 Mar 2025

N1 tussen Edenburg en Trompsburg gesluit ná ongeluk | News Article
N1 tussen Edenburg en Trompsburg gesluit ná ongeluk. Foto: truckandfreight.co.za

Die N1 tussen Trompsburg en Edenburg sal Maandag tot omstreeks 13:00 gesluit wees terwyl ’n vragmotor van die pad verwyder word.

Suidwaartse verkeer word by Edenburg na die R717 herlei tot by Trompsburg en noordwaarts by Trompsburg op dieselfde roete terug na Edenburg.

’n Swaarvoertuig het vroegoggend tussen die twee Suid-Vrystaatse dorpe omgeslaan. “Verkeersbeamptes is ontplooi om verkeer na die ou Trompsburg-pad te herlei,” sê Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder, en onderneem om padgebruikers op die hoogte te hou.

Geen ander voertuie was betrokke nie, en geen sterftes is aangemeld nie. Die vragmotorbestuurder het beserings opgedoen en is deur noodpersoneel behandel.


Padgebruikers word versoek om geduldig en versigtig te wees, en die ompad te gebruik.

Dit is die tweede keer dat verkeer onlangs herlei moet word weens ’n ongeluk op dié nasionale pad. In Februarie is motoriste gemaan om die N1 tussen die Vaal Plaza en Kroonstad te vermy ná ’n noodlottige botsing tussen twee vragmotors

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.