Central SA
Nat weer voorspel vir groot dele van die land─── 15:14 Mon, 17 Feb 2025

Stormweer word van Maandag (17/2) tot Donderdag oor die middel en ooste van Suid-Afrika verwag.
Tropiese vog in die atmosfeer sal na verwagting Dinsdag en Woensdag aanhoudende en swaar reën oor Sentraal-Suid-Afrika bring.
Tussen 50 en 100 mm reën is moontlik oor dele van die noordoostelike Noord-Kaap en alle ander provinsies behalwe die Wes-Kaap. Geïsoleerde tot verspreide buie en donderbuie word verwag met die gepaardgaande ernstige weerwaarskuwings.
Die weerdiens voorspel ook hewige donderstorms plek-plek oor die Suid-Vrystaat en Noordoos-Kaap waar skadelike winde, oormatige weerlig, hael en swaar reënbuie waarskynlik is.
Die weerdiens reik die volgende waarskuwings uit
- Oranje Vlak 5: Ontwrigtende reënval wat lei tot oorstromings van informele nedersettings, laagliggende gebiede en brûe, asook grondpaaie word op plekke oor die sentrale dele van Noordwes en Suid-Gauteng verwag.
- Geel Vlak 4: Ontwrigtende reënval wat lei tot oorstromings van informele nedersettings, laagliggende gebiede en brûe, asook grondpaaie word in Noordwes, Sentraal- en Noord-Vrystaat, Noord-Gauteng en die uiterste westelike dele van Mpumalanga en Suidwes-Limpopo verwag.
- Geel Vlak 2: Ontwrigtende reënval wat lei tot plaaslike oorstromings van informele nedersettings, laagliggende gebiede, brûe en grondpaaie word op plekke oor die weste van Mpumalanga en suidelike Limpopo verwag.
Impakgebaseerde waarskuwings is uitgereik
- Geel Vlak 4: Ontwrigtende reënval wat lei tot oorstromings van informele nedersettings, laagliggende gebiede, brûe en grondpaaie word op plekke oor Noordwes, die Vrystaat en noordelike dele van Gauteng verwag.
- Geel Vlak 2: Ontwrigtende reënval wat lei tot gelokaliseerde oorstromings van informele nedersettings, laagliggende gebiede, brûe en grondpaaie word op plekke oor Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Vrystaat verwag.
- Geel Vlak 2: Erge donderstorms wat lei tot skadelike winde, oormatige weerlig, hael en swaar reënbuie word op plekke oor die oostelike dele van die Oos-Kaap verwag.
- Geel Vlak 1: Skadelike winde wat lei tot probleme om op see te navigeer, word tussen Strandfontein en Kaappunt verwag.
The City of Johannesburg’s Emergency Management Services (EMS) has urged residents especially those in informal settlements to remain vigilant as the risk of disruptive rain and localised flooding increases in Gauteng. https://t.co/1HqrYa3Xcd pic.twitter.com/EMLOlJowmO
— SABC News (@SABCNews) February 17, 2025
Die wydverspreide reën, wat vanaf Botswana strek, sal na verwagting plaaslike oorstromings van informele nedersettings, laagliggende gebiede, brûe en grondpaaie veroorsaak.
Die weerdiens het gemeenskappe wat in laagliggende gebiede en plat vlaktes woon, versoek om op die uitkyk te wees vir die ontwrigtende reën oor die sentrale en oostelike streke van Suid-Afrika.
Owerhede is op hoë gereedheid vir enige oorstromings of ander noodgevalle. Ontwrigting van verkeer word verwag.
Brandgevaarwaarskuwings
Westelike dele van Suid-Afrika sal warm en droog bly, met die risiko van wegholbrande hierdie week.
Uiters hoë brandgevaartoestande word op plekke oor die noordelike dele van die Wes-Kaap en die uiterste westelike dele van Noord-Kaap verwag.
OFM Nuus mvh