On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Twee verdagtes aangekeer ná dood van voormalige landdros van Bloemfontein

───   ZENANDE MPAME 09:18 Mon, 13 Jan 2025

Twee verdagtes aangekeer ná dood van voormalige landdros van Bloemfontein | News Article
Piet Bester in sy rugbydae. Foto: Facebook/SupaRugby

Twee verdagtes sal Dinsdag (14/1) in die Bloemfontein landrdoshof verskyn in verband met die beweerde moord op ’n oudlanddros en voormalige Cheetahs en Griekwas-stut.

Die Vrystaatse polisie ondersoek die beweerde moord op Piet Bester (63) nadat sy liggaam Sondag (12/1) by sy woning buite Bloemfontein gevind is. Een van sy werkers het hom met verskeie wonde gevind. Volgens die polisie lyk dit of Bester toe al meer as 12 uur dood was.

“Die verdagtes 'n vrou (42) en 'n man (52) is Sondag (12/1) gearresteer en hul inhegtenisneming is moontlik gemaak deur die samewerking tussen die gemeenskap en die polisie,” sê Lorraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.


Die polisie glo dat Bester met ’n skerp voorwerp op sy kop geslaan is omdat hy ’n wond bo sy oog gehad het, sê sy.

Enigiemand met meer inligting kan kol. Ben Bolsiek, ondersoekbeampte, by 082 466 8530 of die Stop Misdaadnommer 08600 10111 bel.

Piet Bester het destyds vir die Vrystaat en Griekwas rugby gespeel. Foto: Gallo Images

Intussen sal vier beskuldigdes Maandag (13/1) in die Rouxville-landdroshof om borgtog aansoek. Op Saterdag 7 Desember is ’n boer dood en sy vrou ontvoer tydens ’n plaasaanval in die Goedemoed-omgewing. Die identiteit van die vier beskuldigdes kan eers bekend gemaak word nadat hulle skuld beken het op die verkragtingsaanklagte.

Hulle word aangekla van moord, verkragting, huisbraak en die besit van gesteelde goedere, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen. Een van die verdagtes word van twee moorde aangekla.

Die ander moordaanklag teen die vrou (21) hou verband met die moord op haar niggie (2). Sy het beken dat sy en haar kêrel (28) die kind dieselfde naweek gemartel en vermoor het. Haar kêrel wat ook by die plaasmoord betrokke was, is later in ’n skietgeveg met die polisie dood.

OFM News/Zenande Mpame dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.