Central SA
Verdagtes dan hof toe ná aanranding op oordeienaar van Orkney─── CHARNÉ VAN DER MERWE 11:40 Thu, 26 Dec 2024
Drie verdagtes, wat daarvan aangekla word dat hulle die eienaar van ’n vakansieoord op Orkney aangerand het, sal kom verwagting Vrydag (27/12) voor op aanklagte van poging tot moord.
Die drie (tussen 30 en 40) het hulle op Oukersdag (24/12) aan die polisie oorgegee en bly in polisieaanhouding tot hul eerste verskyning in Orkney se landdroshof.
Marc Hanscombe (53) van die Hanscombe-vakansieoord is op Versoeningsdag (16/12) meermale met ’n skerp voorwerp gesteek. Blykbaar het hy ’n groep besoekers laatmiddag beveel het om die oord te verlaat omdat hulle die reëls oortree het, het Sam Tselanyane, Noordwes-polisiewoordvoerder, net ná die voorval gesê.
Aggressiewe optrede
Werknemers het die groep besoekers twee maal gewaarsku dis teen die dagoord se reëls om ’n waterpyp te rook, sê Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, maar die eienaar ontbied toe hulle met aggressiewe gedrag te doen kry.
“Toe die eienaar ’n derde keer na die groep toe gaan,“ sê Myburgh, “is hy aangerand en meermale met ’n mes gesteek.”
Marc Hanscombe van Hanscombe’s Haven by Orkney het die aanslag op sy lewe oorleef. Foto: Facebook/Marc Hanscombe
Hanscombe is in die hoësorgeenheid van ’n plaaslike hospitaal opgeneem en eers Maandag (23/12) ontslaan.
Vier van die vermeende aanvaller se vriende het nie op hulle laat wag nie en aanrandingsklagte by die plaaslike polisiekantoor teen Hanscombe ingedien. Kort daarna het Hanscombe se seun ook klagte aanhangig gemaak.
Hanscombe’s Haven het ’n swembad, dam, rivier, kinderpark, snoepwinkel, braaiplekke, kroeg en ander geriewe.
In ’n video van die onderonsie wat op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe Hanscombe en ’n groep mans baklei terwyl vroue probeer om die vrede te herstel. Dit wys ook hoe iemand ’n mes uithaal en Hanscombe twee maal in die rug steek.
Die polisie vra weer sosialemediagebruikers moenie onbevestigde inligting versprei nie, maar sosiale media verantwoordelik gebruik sodat hulle nie die polisie se ondersoekwerk belemmer nie.
Die ondersoek duur voort.
OFM Nuus mc