On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Dringende vervanging van Clarens-waterpomp geëis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:22 Tue, 10 Dec 2024

Dringende vervanging van Clarens-waterpomp geëis | News Article
Ondanks veelvuldige herstelpogings het inwoners tot vier dae sonder water gesit. Foto: iStock

Die DA verwerp die verskonings van Dihlabeng-munisipaliteit oor die voortslepende waterkrisis op Clarens.

“Inwoners van Larola, Kanana en Phahameng verduur verlammende waterbeperkings sedert Mei,” , sê Irene Rugheimer, DA-raadslid, oor die aanhoudende watertekorte op dié Oos-Vrystaatse toeristedorp wat al langer as ses maande duur. 

“Hoewel die opgaardam, met ’n kapasiteit van ’n halwe megaliter, al die jare voldoende was om in die behoeftes van die gebied te voorsien, het die voortdurende watertekorte ernstige infrastruktuurprobleme en die munisipaliteit se onvoldoende reaksie blootgelê.”

Aanhoudende watertekorte in Clarens duur al langer as ses maande. Foto: Sowetanlive

Volgens Rugheimer het die aanvanklike ondersoeke geen oënskynlike probleme binne die stelsel aan die lig gebring nie, maar die probleem is eindelik geïdentifiseer nadat ’n onklaar pomp opgespoor is.

“Ondanks veelvuldige herstelpogings het inwoners tot vier dae sonder water gesit. Hoewel die pomp eindelik twee weke gelede herstel is, beteken die afwesigheid van rugsteunpompe dat enige toekomstige brekasies hierdie gebiede sonder water sal laat wanneer die pomp buite werking is.”

Die DA veroordeel Dihlabeng se versuim om op te tree en gebrek aan dringendheid om hierdie krisis op te los ten sterkste.

‘Miskenning van die waardigheid en welstand van Clarens-inwoners’

“Die vervanging van die pomp is ’n praktiese en noodsaaklike oplossing wat maande gelede geprioritiseer moes gewees het. Die volgehoue verwaarlosing van hierdie kwessie toon ’n miskenning van die waardigheid en welstand van Clarens-inwoners.”

Sy herinner die munisipaliteit daaraan water is ’n grondwetlike reg. Dit is sy plig om te verseker dat dit reg gehandhaaf word.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.