On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Drie vas ná Telkom-batterydiefstal in Prieska

───   HEIDRÈ MALGAS 14:40 Tue, 26 Nov 2024

Drie vas ná Telkom-batterydiefstal in Prieska | News Article
Die batterye is in bokse en in ’n rugsak gedra. Foto verskaf

Drie mans verskyn Woensdag (27/11) in die landdroshof op Prieska nadat hulle betrap is met vermoedelik gesteelde Telkom-batterye.

Beamptes het Maandag beslag gelê op die batterye ter waarde van meer as R15 000. Die batterye is in bokse en in ’n rugsak gedra toe die polisie hulle in die middedorp vastrek, sê Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Hy voeg by die polisiediens se veldtog vir ’n veiliger feesseisoen is reeds in volle gang.

Terwyl die polisiebeamptes Prieska se middedorp gepatrolleer het, het hulle drie verdagte mans gesien wat bokse en ’n rugsak dra.

“Die polisie het die verdagtes gestop en deursoek, en dertig (30) Telkom-batterye gevind, wat vermoedelik by ’n nabygeleë Telkom-gebou gesteel is. Die mans is daar en dan in hegtenis geneem.”

Beamptes het Maandag beslag gelê op die batterye ter waarde van meer as R15 000. Foto verskaf

Volgens Kock gaan polisie werksaamhede verskerp en word meer veiligheidspersoneel beskikbaar stel gedurende die feestyd en daarna. So wil hulle almal se veiligheid verseker.

TimesLive het in Junie 2024 berig die Bloemfonteinse streekhof het ’n man tot 30 jaar tronkstraf gevonnis  wat Telkom-selfoontoringsbatterye ter waarde van R36 000 gesteel het.

Petro van den Berg, staatsaanklaer, het gesê die maksimum straf moet aan die oortreder Tinos Ndebele opgelê word, aangesien oortredings van inmenging met noodsaaklike infrastruktuur aan die toeneem is en dit die ekonomie benadeel.

“Die beskuldigde is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op ’n aanklag van inmenging met infrastruktuur en 15 jaar tronkstraf op ’n aanklag van diefstal van infrastruktuur.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.